Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: PM on November 11, 2011, 05:45:47 AM

Title: Hulp met die forum se funksies
Post by: PM on November 11, 2011, 05:45:47 AM
Aan nuwe lede wat nog onbekend is met die forum.

Dit is baie raadsaam om die "help" skakel wat op die blou balkie lê, net onder die "news" te klik en die forum se funksies daar te lees. 

Die eerste keer wat ek aangeteken het op 'n forum,  het ek soos 'n indringer gevoel en het ook dae gesit en lees hoe die ouens met mekaar klets, voordat ek die moed bymekaar geskraap het om ook "iets" te sê.

Liewe nuwe leser, ons is goeie vriende wat sit en wag om jou welkom te heet.  Kom gesels saam, plaas nuwe onderwerpe wat jy wil bespreek, vra hulp waar jy sukkel.  Ons wil jou graag verwelkom hier.  Kom wys jou gesiggie.   :love7:  :hello2: