Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Naas on October 31, 2011, 08:55:51 PM

Title: Langs Coetzenburg
Post by: Naas on October 31, 2011, 08:55:51 PM
By Coetzenburg vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou eikeboom!

[OPSIONEEL]
Daar waar die bloue pieke troon,
waar die kwaai professor woon,
daar is ons universiteit;
maar ons hou altyd jolyt, jolyt!
Ek is nou wel 'n tokkelok
maar Pa't gesê ek kan maar bok.
En as die son sy kop wegtrek,
dan's daar vir my net een plek, een plek!

By Coetzenburg vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou eikeboom!  Joegaai!




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Langs Coetzenburg
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2011, 11:33:20 PM
Ek hoor vrolike studentestemme wat sing .... ver terug geneem die ene. Duisend dankies Naas vir die aandra en deel  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Langs Coetzenburg
Post by: PM on November 01, 2011, 08:03:26 AM
Dankie van my kant af ook.  Dit klink soos 'n sportliedjie. 
Title: Re: Langs Coetzenburg
Post by: adele on June 13, 2018, 01:47:48 PM
in 2014 is 'n nuwe volkspelebundel in gebruik geneem met o.a. 'n speletjie op hierdie lied, een van die mooiste nuwe spele wat gemaak is. Die ander mooiste een is op die lied "Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai" ...