Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Hoof se kantoor => Topic started by: PM on October 14, 2011, 07:23:30 AM

Title: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on October 14, 2011, 07:23:30 AM
Nou staan ek hier aan die verkeerde kant van die lesenaar en raps myself oor die vingers, omdat ek so skaars is.
Skuus ouens, ek voel soos die forum se stiefma.  Sodra die boek reg is en die gaste weg is sal dit weer beter gaan.
Baie dankie aan almal wat so geduldig antwoord, kies en weer aanstuur.  Ek waardeer julle geduld en samewerking geweldig baie. 
'n Belofte:  die volgende boek sal baie meer ge-orden verloop.  Ek werk baie hard om alles gereed te kry. 

 :love7:

 :bootyshake:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: Angelica on October 15, 2011, 04:09:11 AM
Jy hoef nie verskoning te maak vir harde werk en gaste nie. En ons weet mos dat jy ons nie VERWERP deur nie 60mins in elke uur teenwoordig te wees nie.
Relax girl. Ons is mooi groot en verstaan. Jou gaste is ook nie die buurmense wat kom koffie drink nie, dis mos darem 'n vrou van oor die waters.
Ons is nog net so versot op jou.
En ons wil ook nou nie he jy moet hier rondhang as daar 'n boek is wat moet klaar voor krismis nie.
Take some time off en bederf jou mense met jou volle aandag.
We will survive.
Till next time... :wave:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: adele on October 15, 2011, 05:41:15 AM
ekke staan hier reg langes jou met    :coffee2:  , Elle, dankie dat jy ons gevoel so mooi opsom en oordra na onse kaptein.   :hello: 

 :grommit:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on October 15, 2011, 06:29:58 AM
Baie dankie my matertjies.  Ek is so dankbaar dat julle die forum aan die gang hou en verstaan.  Dankie ook vir julle geduld met my. 

Ek giggel nou te lekker Elle, as ons ongeduldig raak dan vra ons  altyd:  "Sal dit darem voor Christmas klaar wees?"

Het Raaitjie nie gesê sy gaan net vir twee weke weg nie?  Dit is al drie maande!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: Angelica on October 15, 2011, 03:46:29 PM
Giggles... oh my word.  Dit is omdat jy so besig is dat twee weke voel soos drie maande.
Daai baba sny al amper tande.
Hoop alles het goed gegaan. 
Ek dink Oums en Oups kannie wegkom van daai kabouter nie.
Sy sal spoedig weer haar verskyning maak.
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on October 15, 2011, 04:26:00 PM
Vergeet ek skoon om dankie te sê vir die koffie Adéle.  Baie dankie matertjie, dit hou my op en wakker.

Elle, jy weet dan, dit is die moeilikste ding om jou weg te skeur van die kleingoed.  Hulle is oumas en oupas se harte se punte, maar ek wens Outop wil nou terug lektrieklanne toe.  (Skuus Outop)   :icon_biggrin:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: Chichi on October 24, 2011, 09:06:43 PM
hehe PM, jy kan mos nie kwaai wees vir iemand so spesiaal soos jy nie!!!  :icon_biggrin:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on October 25, 2011, 02:55:12 AM
Jy moet versigtig wees nê, ons het al reeds dubbel glas=skuifdeure orals in die huis.  Waar was jy so lank dat jy nie hier was nie? 
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: Chichi on October 25, 2011, 03:29:47 PM
hahaha dubbleglasskuifdeure... hehe

ek was besig met eksamens, en werk en dinge reel en toe verjaar skoonpa en toe is dit party en toe kry ek 'n nuwe hondjie en toe kom kuier sussie uit potch uit en toe gaan kuier ons by ouma en toe nog eksamens en nog en nog en nog en nog, en toe werk ek weer en nou leer ek maar so tussendeur en dans en alles. haha
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on October 25, 2011, 03:35:45 PM
Jy laat my lag matertjie.  My se moeder het altyd gesê: En toe en toe hoep die poender en toe hak die kaan en oop en toe en toe.
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: Chichi on October 25, 2011, 09:21:44 PM
hehe ja ek het baie en toe in daai enetjie geruik.  en toe drink ek wyn haha
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on June 01, 2013, 04:32:13 AM
Ek soek "toe" iets op die forum en kom op hierdie gesprek af van 'n jaar en sewe maande gelede.  Wraggies weer in dieselfde situasie as met boek1, Rooiwyn, Kaggelvuur & Vers.  Amper is boek 2 klaar.  Ek skryf nog die voorwoord en die inhoudsopgawe dan gaan dit drukkers toe.   :hello2:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on September 20, 2018, 04:52:53 PM
Geniet ek nou weer die "goeie ou tyd".  Onthou ek die gespook met die boeke.  Manne, dit was raakvat.   :read2:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: adele on March 09, 2020, 08:22:03 AM
2011 .... kan dit regtig so lank gelede wees .... soveel water (lees: woorde) het al in die see geloop  :toothy4:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on March 09, 2020, 02:22:45 PM
Hiers ek weer.  Was 'n bietjie olik, maar is nou weer op die been.  Hoe gaan dit met almal?

Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on March 25, 2020, 09:36:29 PM
"Lock down" beteken nie jy mag nie op jou rekenaar werk nie.   :crybaby2:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: adele on March 26, 2020, 06:16:42 AM
hallo lief PM, jammer jy was olik, mag jy nou baaaie beter voel. en sowaar, my skoottoppie by name Kiewiet, wil nie lock down nie .... :toothy4:
Title: Re: Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep
Post by: PM on March 31, 2020, 10:17:56 PM
Ag dankie tog my lief vriendin.  'n Groot hoera vir Kiewiet.   :hello2:
Hier by ons is dit maar stillerig.  Jammer vir die ouens wat nie besef hoe ernstig die "kroonvirus" is nie.  Hoe weier jy  besoekers wat uit die goedheid van hul harte 'n draai kom maak om te verseker dat dit goed gaan met jou?  :dontknow: